Guinness-wêreldrekordhouer vir meeste TikTok-aanhangers

Deel hierdie storie / Share this story

Charli D’Amelio (16) van die VSA is die Guinness-wêreldrekordhouer as die eerste persoon met 50 miljoen TikTok-aanhangers.

Charli het die posisie binne die eerste 10 maande bereik, nadat sy in 2019 dansvideo’s van haarself op die app begin laai het. Sy is ‘n miljoenêr en bekend as ‘n influencer.

Hul eie naellakreeks vrygestel

Sy het tans 29, 7 miljoen Instagram- en 4, 3 miljoen Twitter-aanhangers. D’Amelio het ‘n netto waarde van $4 miljoen en het ‘n gevestigde loopbaan op die platform gemaak.

Behalwe vir die talle borge van bekende handelsmerke, het Charli saam met haar suster, mede-TikTokker Dixie D’Amelio en Morphe-skoonheidsmiddels gewerk om hul eie naellakreeks vry te stel.

Volg Find-it hier.