Tien vroue van ‘seksslawerny’ gered

Deel hierdie storie / Share this story

Die Valke het tien vroue wat vermoedelik as seksslawe aangehou is, gisteroggend vroeg in Rustenburg en Kuruman gered.

Die vrouens kom na wat berig word van Limpopo, Lesotho en Namibië. Die bordele is as bed en ontbyt-akkomodasie vermom.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder vir die Valke, sê die vroue is as seksslawe ingevoer. “Die vroue moes huur betaal terwyl hulle daar gewoon het.”

Volgens Mulaudzi is die verdagtes in hegtenis geneem na ‘n ondersoek van meer as ’n jaar. “Die ondersoek het in Junie 2019 begin en inligting is sedertdien bymekaargemaak.”

Die ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van vyf verdagtes. Die sesde verdagte is in 2019 oorlede. Lees meer hier.