Plaasmoorde deur ’n kind se oë

Deel hierdie storie / Share this story

Carike Herbst, ’n leerling aan Hoërskool Kathu, het hierdie gedig geskryf om haar hartseer oor plaasaanvalle en -moorde uit te spreek.

Burre Burger het die video van die gedig op Facebook gedeel.

Plaasmoorde…

Dan hoor ons nóg ’n boer is vermoor, al hoe meer boere wat ons verloor

Berigte van plaasmoorde maak so seer, hoeveel moorde dan nog meer?

So asof mense wag tot laat in die nag

om nog ’n boer aan te val

dan word ’n familielid gebel vir ’n noodgeval daar waar hulle als moet los waarmee hul besig was

om te gaan help by die plaasmoord waar als uitmekaarval soos gebreekte glas

soos ’n rookwolk voor my oë, onmoontlik en onrealisties om te glo

waar is die tyd toe alles op plase nog piekfyn was, sonder gevaar?

Nou sukkel elke tweede boer om te bedaar omdat hulle wonder wie is volgende

Wanneer en waar?

Liewe Heer, hou ons boere veilig in U Hand

U beskerm hulle, beskerm ons land

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1121126628302362/