Munisipaliteit poog om stad weer te laat ‘skitter’

Deel hierdie storie / Share this story

Die program wat deur die munisipaliteit geloods, word se hoofdoel is om dienslewering in die stad te verbeter.

Die program het vandag by die Mandela Square in Galeshewe afgeskop. Patrick Mabilo, die Sol Plaatje-burgemeester, het vanoggend aan die gemeenskap gesê dit is tyd vir Sol Plaatje om weer te skitter. “Hierdie program is ’n geïntegreerde program. Ons kan nie dieselfde doen en ’n verskillende uitkoms verwag nie.”

Die program gaan oor ’n tydperk van 12 weke plaasvind in al die 33 wyke. In elke wyk gaan daar ’n span van water, sanitasie, elektrisiteit, padwerke, stormwater en skoonmaak wees om aandag aan die wyk se probleme te skenk.

Vir die volgende ses dae gaan die spanne in wyk 4,5,6 en 7 werk. Daar word aan waterlekke, geblokte pype, straatligte, elektrisiteitsprobleme en slaggate gewerk. Na die ses dae skuif hulle na die volgende wyke. Daar is elke oggend ’n bymekaarkompunt waarvan af hulle begin.

Na hierdie week skuif hulle na die volgende area tot hulle die 33 wyke gedek het.

Volg Find-it hier.