’n Sealand Logistics-vragmotordrywer het vanoggend ’n ernstige ongeluk op die N3 naby die Reitz-afrit oorleef.
Die ongeluk het net voor 06:00 gebeur. Die drywer was op pad na Johannesburg toe die ongeluk plaasgevind het. Een van die drywers het vir SA Truckers gesê die drywer het ’n paar skraapmerkies opgedoen, maar is verder ongedeerd.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.



