Suid-Afrikaners word gevra om kreatiewe name vir die nuwe lugdiens, wat beplan om Desember in bedryf te wees, uit te dink.
Gideon Novick, een van die Kululu.com-stigters, sê die lugdiens gaan deur tegnologie bedryf word, soortgelyk aan wat Uber gedoen het. Novick sê sy nuwe lugdiens gaan alles doen om nie skuld aan te gaan nie, daarom gaan ouer vliegtuie wat 180 passasiers kan vervoer, gebruik word.
Dit is nog nie bekend hoe hierdie lugdiens van bestaande lugdienste gaan verskil nie.
Enigiemand wat ’n kreatiewe naam vir die nuwe lugdiens het, kan hulle voorstelle op brandnewairline.co.za inskryf. Die wenner kan ’n jaar se gratis vliegtuigkaartjies ter waarde van R480 000 wen.
Volg Find-it hier.



