September 24, 2021

AD – Vakante pos: Wildeklawer

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Weens uitbreiding en die daarstelling van ‘n nuwe wortel pakhuis is die volgende pos beskikbaar:

Assistent Pakhuisbestuurder:

Van die suksesvolle applikant sal verwag word:

  • Die beplanning en bestuur van die verpakkings-aktiwiteite van ‘n goed toegeruste pak en opbergingsfasiliteit
  • Spesifieke verantwoordelikheid neem vir die hoë-stoor bergingsfasiliteit waar kwaliteit, temperatuur en produk bestuur uiters krities is
  • ‘n Kandidaat met ‘n bewese bestuur rekord, wat oor die vermoë beskik om toe te sien dat die gradering, verwerking, verpakking en prosessering van produkte volgens FSA, HACCP en Global gap standaarde geskied.
  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, prosesse, en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verpakking en prosessering van vars produkte.
  • Optimale voorraadbestuur (FIFO beginsels)
  • Tegniese ondervinding op verpakking-, verkoeling-, en bergingsmasjienerie is krities.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor:

  • ‘n Toepaslike graad of Tegniese Kwalifikasie in Vars Produkte Verpakking
  • ‘n Toepaslike Graad, of Diploma in Algemene Bestuur
  • Vermoë om goed met mense te kan werk
  • Goeie Probleemoplossings vaardighede
  • Die geskikte kandidaat moet oor ‘n tegniese aanvoeling beskik
  • Ten minste 6 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke posisie
  • Beskik oor ‘n algemene besigheid sin, wat wins georiënteerd ingestel is

Stuur volledige CV aan:  e-pos:  [email protected] of tel. (053) 531-9725

 Navrae: Juandre Brand

Sluitingsdatum:  28 September 2020

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *