Aanlyn aansoeke gaan goed

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het vanoggend in ’n persverklaring gesê die aanlyn aansoeke vir die 2021-skooljaar verloop goed. Die aanlyn-toelatingstelsel vir 2021 sal tot 30 September 2020 oop bly.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap moedig ouers aan wat nog nie hulle kinders geregistreer het nie, om so te maak.