Standbeelde van apartheid gaan geskuif word

Deel hierdie storie / Share this story

’n Oudit, om te bevestig watter standbeelde en monumente “te aanstootlik is” sal binne die volgende ses maande gedoen word. Die standbeelde sal dan verwyder word.

’n Ministeriële taakspan het bevind sekere standbeelde en monumente is “te aanstootlik” om langer ten toon gestel te word. Dit was die regering se besluit om voort te gaan met die proses, al het deelnemers aan openbare sittings glo aangedui die beelde kan bly.

Vusi Ndima, adjunk-direkteurgeneraal van sport, kuns en kultuur asook voorsitter van die taakspan, sê hulle probeer nie om die geskiedenis van Suid-Afrika uit te wis nie.

AfriForum en Solidariteit het aan Rapport bevestig hulle staan die verwydering teen.