Ouers ‘bang’ om ontvoeringspoging aan te meld

Deel hierdie storie / Share this story

Andrew Taylor, hoof van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, sê die ouers van die gr. 8-leerling wat amper ontvoer is, maar wou nie die skool toelaat om ’n klag in te dien nie.

Taylor het die ouers hulle anonimiteit verseker maar die ouers het geweier. Volgens die hoof het ’n vrou voor die ontvoerders se voertuig stilgehou en hulle sodoende gekeer om met die meisie weg te jaag.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die meisie is ondervra en sy het gesê ’n motor het stadig in haar rigting nader gery en sy het gehardloop. Die meisie was ook te geskok om die registrasienommer te onthou.