Dit is skaars twee weke nadat Novak Djokovic gediskwalifiseer is tydens sy wedstryd in die Amerikaanse Ope, en weer het hy sy humeur op die tennisbaan verloor.
Djokovic het wel vir Dominik Koepfer gewen, maar dit beteken nie die wedstryd het sonder frustrasie plaasgevind nie. Koepfer het goed in die tweede stel gevaar en het in ’n stadium die voortou geneem. Dit is toe dat die wêreld se voorste speler, Djokovic, uit frustrasie sy raket op die baan slaan.
Uitlaatklep vir sy frustrasies
Hy het berig dit is nie die eerste of die laaste raket wat hy in sy loopbaan sal breek nie. Hy erken hy het dit al vantevore gedoen en sal dit waarskynlik weer doen.
Voor die insident het Djocovic ook ontevrede gelyk en ’n paar keer vies in die skeidsregter se rigting geloer. Hy weet sy optrede is nie die beste voorbeeld vir jonger spelers nie, maar voel dit is ’n uitlaatklep vir sy frustrasies.
Volg Find-it hier.



