OPVOLG: Polokwane-moord – Huiswerker ’n verdagte

Deel hierdie storie / Share this story

’n Huiswerker van die vermoorde Ocean Basket-eienaar en haar ma, asook ‘n voormalige werknemer van Ocean Basket, is in hegtenis geneem.

Die huiswerker het glo die roudiens van Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie, bygewoon. Daar word beweer sy was baie ontsteld tydens die diens en was ook deur die Deacons getroos toe sy gehuil het. Die restaurantwerker wat glo onlangs by die Ocean Basket-tak afgedank is, is die vermeende meesterbrein agter die moorde.

Daar is al altesaam vier verdagtes in hegtenis geneem en hulle is glo bekend aan mekaar.

Die man en vrou sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn. Die ander twee verdagtes se saak is tot 25 September uitgestel.

Daar word berig die polisie is na ’n Zimbabwiër op soek, Owen, wat met inligting oor die moorde kan help. Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die man maak van die vanne Setsiba, Mautara of Mbedzi gebruik.