Seun (16) in hof oor onthoofde lyk

Deel hierdie storie / Share this story

PAMPIERSTAD – Die seun (16) het hier in die landdroshof verskyn. Hy word van die onthoofding van ’n 17-jarige seun aangekla. (Lees die vorige artikel hier.)

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die verhoor is in die verdagte se afwesigheid gehou omdat hy in die hospitaal vir mediese evaluering opgeneem is.

Die saak is tot 21 September 2020 uitgestel. Die verdagte sal in die jeugafdeling van die Kimberley-gevangenis aangehou word.

Volg Find-it hier.