September 24, 2021

Brandweer- en munisipale voertuie val vas in rioolwater

KIMBERLEY – Drie voertuie van die brandweer en munisipaliteit het gister in die veld in Hillcrest in rioolwater vasgeval nadat hulle ’n veldbrand wou blus.

Die rioolpompstasie in Petrusstraat, Hillcrest, is al jare buite werking en rou riool word in die veld agter die huise gestort.

Johan Smit, van die VF Plus, sê die grond in daardie area is so deurdrenk met rioolwater dat die voertuig van die brandweer vasgeval het en dus nie verder kon beweeg nie. “’n Trekker van Sol Plaatje het kom help en ook vasgeval in die rioolpappery. ’n Backacter-trekker van die waterafdeling van Sol Plaatje het ook kom help en het ook vasgeval. Daar het toe ’n nuwe 4×4-trekker van ’n handelaar kom help om die bakkie en ander twee trekkers een vir een uit te trek.”

Die insident het vroegmiddag plaasgevind en om 20:00 kon mens steeds die gedreun daarvan in die veld hoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *