President daag almal tot die Jerusalema-dans uit

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa daag almal Donderdag 24 September 2020 op Erfenisdag uit om die Jerusalema-dans te doen.

Die president het gisteraand in sy toespraak gesê die beste manier vir Suid-Afrikaners om Erfenisdag te vier, is om aan die wêreldwye uitdaging, #Jerusalemachallenge, deel te neem.

Op dié manier wys Suid-Afrikaners die wêreld waartoe hulle in staat is. “Ons land het verskeie goeie dansers en musiek,” sê president Ramaphosa.

Die FiNDiT-span gaan ook Donderdag aan hierdie uitdaging deelneem. Ons daag JOU uit om saam met ons die  #Jerusalemachallenge te doen en ons in die video te ‘tag’.

Volg Find-it hier.