Video van weermaglede wat vrou aanrand en doodskiet, is ‘vals’

Deel hierdie storie / Share this story

’n Video uit Mozambiek wat wys hoe ’n groep mans, geklee in weermaguniforms, ’n vrou aanrand en dan doodmaak, is volgens die Mosambiekse owerhede gedokter.

In die video is dit duidelik hoe ’n naakte vrou van die weermaglede probeer weghardloop terwyl sy skree. Een van die mans slaan haar herhaaldelik met ’n stok voor sy deur een van die ander geskiet word en op die grond neerval. Die video het baie mense op sosiale media woedend gemaak.

Die BBC berig Jaime Neto, die minister van verdediging in Mosambiek, het gesê die video is vals en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, sal gestraf word.

Die BBC het berig Neto het gesê kwaadwillige mense het die video geredigeer om die weermag se beeld skade te berokken.