PAMPIERSTAD – ’n Koplose lyk van ’n man is vroeg Sondagoggend hier gevind.
Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die lyk van ’n 18-jarige man is in ’n waterpyp net buite Pampierstad gevind. Mooi sê die ondersoeke het hulle na ’n informele woning gelei waar die kop van die lyk onder ’n bed weggesteek was. ’n Seun (16) is vir ondervraging geneem.
Mooi bevestig ’n saak van moord word ondersoek.
“Die polisie versoek enigeiemand wat inligting oor hierdie voorval het, moet die stasiebevelvoerder kontak by 082 822 3077 of die misdaadstoplyn by 08600 10111. Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik beskou word,” het sy gesê.
Volg Find-it hier.



