Sakkie Gerber onskuldig bevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Esias “Sakkie” Gerber, ’n welbekende sakeman en voormalige eienaar van Motonet in Kimberley, is vandag in die landdroshof onskuldig bevind.

Gerber is in 2017 in verband met diefstal van ‘n motorvoertuig en geldwassery in hegtenis geneem.

Fahima Arnold, sy regsverteenwoordiger, het bevestig hy is onskuldig bevind.