Ma vergiftig glo twee dogtertjies

KLERKSDORP – ’n Ma het na bewering erken sy het haar twee dogtertjies, onderskeidelik 21 maande en drie jaar oud, vergiftig.

Adele Myburgh, polisiewoordvoerder in Noord-Wes, het berig die ma (31) het eers beweer sy het haar twee dogtertjies op 5 September 2020 na ’n plaaslike hospitaal geneem nadat hulle siek geword het. Die dogtertjies is later dood verklaar.

Die ma is die week in hegtenis geneem op aanklagte van moord nadat lykskouings vergiftiging bewys het. Sy sal in Klerksdorp se landdroshof verskyn. Die motief van die moord is onbekend.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *