Die Noord-Kaapse departement van gesondheid is op soek na die familie of vriende van ‘n pasiënt wat in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal was.
Die pasiënt, wat nie weet wat haar van is of waar sy vandaan kom nie, se naam is Karabo. Sy is gewaar toe sy op die hospitaalperseel rondgedwaal het.
Sommige dae sê sy sy kom van Kroonstad af en ander dae van Jan Kempdorp. Sy het ook nie veel inligting oor haar familie nie.
Die departement vra dus enigiemand wat inligting het in verband met wie sy is of waar sy vandaan kom, om hulle by 053 802 2203 te kontak.



