Meisie se ontvoerders skuldig bevind en gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige onderwyseres wat ‘n sesjarige meisie in Vanderbijlpark se ontvoering beplan het, is vandag gevonnis.

Tharina Human en haar medepligtiges, Laetitia Nel, Pieter Jacobus van Zyl en Bafokeng Molemohi is almal vandag skuldig bevind na hulle vir die ontvoering van ‘n meisie (toe 6) en poging tot afpersing aangekla is.

Human is 15 jaar tronkstraf vir ontvoering opgelê. Sy is ook vyf jaar vir poging tot afpersing opgelê.

Nel is agt jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering en sy is ook vyf jaar vir poging tot afpersing opgelê.

Van Zyl is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis en ook ‘n verdere vyf jaar vir poging tot afpersing.

Malemohi is op die klag van ontvoering 12 jaar gevonnis. Op die klag van afpersing is hy vyf jaar tronkstraf opgelê.

Die meisie is op 2 September verlede jaar by haar skool ontvoer na haar ma haar daar afgelaai het.

Die beskuldigdes het toe R2 miljoen van die meisie se pa geëis.