September 28, 2020

Wayde van Niekerk blink uit in Switserland

Die Vrystater het gisteraand sy eerste internasionale wedloop in drie jaar by die Gala dei Castelli-byeenkoms gewen.

Hierdie was die eerste wedloop sedert hy op 10 Augustus 2017 die silwer medalje in die 200 m op die Wêreldkampioenskap in Londen gewen het. Van Niekerk het die 400 m in 45.58 sekondes gewen, nadat dit eers gelyk het of hy swaar trek. Die Nederlander wat in die tweede plek was, het die wedloop in 45.78 sekondes voltooi.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika sal sy fokus na die voorbereiding vir die Tokyo-spele wat op 23 Julie 2023 begin, skuif. Hy is tans die wêreldrekordhouer vir die 400 m. Die titel sal hy volgende jaar op 1 Augustus verdedig by die Spele verdedig.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: