September 28, 2020

Vermeende ontvoerder hou nie met mensehandel verband

Die polisie het berig die voorval waartydens ’n man in hegtenis geneem is nadat hy glo ’n kind by ’n restaurant wou gryp, hou nie met mensehandel verband nie.

’n Sindikaat wat kinders vir dwelms verruil

‘n Video waar die verdagte op die grond geboei lê, is kort na die vermeende poging tot ontvoering versprei. In die video vertel hy aan omstanders hy en ander werk vir ’n sindikaat wat kinders vir dwelms verruil.

Vishu Naidoo, polisiewoordvoerder, sê dit is nie ’n geval van mensehandel nie. Volgens hom kom mensehandel nie gereeld in Suid-Afrika voor nie. Naidoo beskryf ontvoering is wanneer iemand teen sy/haar wil verwyder word en die ontvoerders ’n losprys eis. Dit kan ook wees wanneer ’n persoon uit die toesig van sy/haar ouers verwyder word vir ’n huwelik of seksuele omgang.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: