September 28, 2020

Swangerskap gebeur nie maklik vir almal

Foto: Canva

Almal verwag van ’n vrou om swanger te raak, maar vir sekere vrouens is hierdie ’n moeilike stryd.

Aantal kinders per vrou

Vrouens wat nie swanger kan raak nie, voel dikwels waardeloos, skuldig of skaam. Nie alle vroue verstaan hoekom hierdie met hulle gebeur nie en ondersteuningsraamwerke is nie altyd vir hulle beskikbaar nie.

Volgens die VN-bevolkingsafdeling het die gemiddelde vrou tot die jaar 1965 meer as vyf kinders in haar leeftyd gebaar. Sedertdien het hulle ‘n verandering gesien – die getal het halveer. Wêreldwyd is die gemiddelde aantal kinders per vrou nou onder 2,5.

Samestelling van manlike en vroulike probleme

Onvrugbaarheid beteken ’n vrou kan nie na een jaar se seksuele omgang swanger word nie (of ses maande as ‘n vrou ouer as 35 is). Vroue wat swanger kan raak, maar nie die swangerskap kan voltooi nie, kan ook as onvrugbaar beskryf word.

Onvrugbaarheid is nie net ’n probleem wat by vrouens voorkom nie. Ongeveer een derde van onvrugbaarheidgevalle is aan die vrou toe te skryf. Nog ‘n derde van die gevalle is as gevolg van die man. Die ander gevalle word veroorsaak deur ‘n samestelling van manlike en vroulike probleme of deur onbekende probleme.

Geestesgesondheid van ‘n persoon

Onvrugbaarheid by mans is as gevolg van lae spermproduksie, abnormale spermfunksie of verstoppings wat die produksie van die sperms voorkom.

Om na ’n lang tydperk nie swanger te raak nie, kan teleurstellend en frustrerend wees, veral sonder ondersteuning van geliefdes. Dit kan lei tot depressie. Alhoewel baie mense met probleme wel swanger kan raak na behandeling, soos in vitro-bevrugting (IVF), kan angs en stres oor die uitkoms van die behandeling die geestesgesondheid van ‘n persoon beïnvloed.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: