24-jarige in hof oor maat se dood

SECUNDA – Jacobus Beyleveldt (22) is Saterdag 12 September 2020 dood nadat hy glo by ’n kuier saam met vriende doodgeskiet is. Beyleveldt se vriend, Kosie Kruger (24), is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die landdroshof op Secunda verskyn en is op R5 000 borgtog vrygelaat.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die voorlopige ondersoek dui daarop aan dat Kruger sy vuurwapen wou bêre toe ’n skoot afgevuur is. Beyleveldt is in die bolyf getref en is nie lank daarna nie, oorlede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *