September 28, 2020

Polokwane-moorde: Saak uitgestel

Foto: Tzaneen Voice (Facebook)

Advance Ahmid en Casper Mudau het gister op aanklag van ontvoering en die moorde op Lizette en Hettie Deacon in die hof verskyn.

Die saak is tot 25 September vanjaar uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding.

Lizette (55) en haar ma, Hettie (70) is verlede Donderdagaand by hulle huis in Welgelegen in Polokwane aangeval.

“Die slagoffers se buurman het glo net na 18:00 na die meenthuis gegaan. Hy het bloed in die huis opgemerk, waarna hy die polisie in kennis gestel het,” sê brig. Mojapelo.

Die lyke van die slagoffers is met verskeie steekwonde in die kattebak van hulle motorvoertuig gevind.

Lizette was die eienaar van Ocean Basket-takke in die Mall of the North en die Savannah Mall.

Lees die vorige berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: