September 28, 2020

Man in hegtenis in verband met moord op 9-jarige

Hankey – ’n Man (40) is slegs ses ure nadat ’n 9-jarige meisie vermis geraak het, in verband met haar moord in hegtenis geneem.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die meisie is Maandag 14 September 2020 as vermis aangemeld nadat sy Sondag omstreeks 16:00 laas gesien was. “Maandagaand om 20:00 is ’n 40-jarige man in hegtenis geneem wat daarna die polisie na die bosse naby roete R330 in Hankey gelei het, waar hy die meisie se lyk uitgewys het.”

Die verdagte sal Donderdag 17 September in die Hankey-landdroshof verskyn.

Foto’s: Kouga Express

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: