September 28, 2020

Myn ongeluk – twee dood

Twee werkers is by die Platreef-mynontwikkelingsprojek dood nadat ’n hysemmer geval en ’n werkplatvorm getref het waar vier werknemers besig was.

Veiligheid van die werkers

Die derde werker is beseer en na Johannesburg se hospitaal geneem, terwyl daar nog na die vierde een opsoek word. Spesialisingenieurs se dienste is verkry om die moontlike oorsake van die ongeluk vas te stel. Die aktiwiteite by die myn is gestop terwyl die ondersoek voortduur.

Marna Cloete, president en finansiële hoof van Ivanhoe Mines, het berig die myn sal eers weer werksaamhede hervat na die veiligheid op die terrein verseker kan word. Cloete sê die veiligheid van die werkers op die mynperseel is hulle hoogste prioriteit.  

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: