KIMBERLEY – Menige kragkabels is hierdie jaar in Cassandra gesteel. Inwoners is gisteraand weer in die donker gelaat toe ’n kragkabel omstreeks 12:00 gesteel is.
Inwoners en lede van die gemeenskap is al moedeloos met die probleem wat net nie opgelos word nie. “As ons nie elke tweede dag sonder krag is nie, is ons sonder water,” het een inwoner aan FiND iT gesê.
Wesley van Rooyen, DA-raadslid van Wyk 21, sê die munisipaliteit is tans besig om die probleem te herstel.
FiND iT het navraag by Sol Plaatjie-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.



