NOORD-WES – ’n Pasgebore babadogtertjie is lewendig in ’n vlak graf gevind.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het verbygangers die baba naby Greenfields in Ikageng gehoor huil voordat hulle na die toneel ontbied is. Die vlak graf was met klippe toegepak.
Sy het aan hipotermie gely
Met die aankoms van ER24 was ’n vroulike gemeenskapslid besig om na die baba om te sien. Die paramedici het berig daar was wonde aan die baba se arm en sy het aan hipotermie gely.
Sy was warm gemaak waarna sy na ’n plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
Volg Find-it hier.



