September 28, 2020

Direkteur van Clicks bedank

Nonkululeko Gbodo, direkteur van Clicks, het ongeveer ’n week na die TREsemmé-advertensie in ’n verklaring as nie-uitvoerende direkteur met onmiddellike effek bedank.

Clicks moet hul eie reis deurgaan

David Nurek, Clicks se voorsitter, het Gbodo vir haar insette en bydrae wat sy die afgelope drie jaar bygedra het, bedank. Nurek het haar sterkte en sukses toegewens vir haar pad vorentoe.

Nurek het aan Bizcommunity gesê sy wil vry wees om haar inisiatief uit te leef. Sy wil nie daarop beperk wees op wat sy sê nie, omdat sy bang is vir die impak wat dit op Clicks kan hê. Sy sê Clicks moet hul eie reis deurgaan om die skade te herstel en sy wil die kwessies van rassisme en die vooroordeel teenoor vroue aanspreek.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: