September 28, 2020

Kerkleiers betoog teen korrupsie

Kerkleiers het by verskeie plekke in Suid-Afrika byeengekom om aan ’n uur lange stille protes teen Covid-19-korrupsie deel te neem.

Die veldtog vorm deel van ’n landwye veldtog wat deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) gereël is, onder die tema “Korrupsie is nie in ons erfenis nie”. Kerkleiers in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap het hulle Dinsdag by die regeringskantore teen korrupsie uitgespreek.

“Ons kan korrupsievry wees”

Kerkleiers het hoofsaaklik by regeringsgeboue bymekaargekom omdat hulle voel die bestuurders van die land se hulpbronne sit in die Uniegebou. Die lede het rondgeloop met plakkate soos “Korrupsie is ’n sonde”, “Ons kan korrupsievry wees” en “Korrupsie maak kwesbare mense dood”.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG kerk, het gesê kerke ondersteun die armes en mense wat gemarginaliseer is ten einde hul lewens te verbeter. Hy voel om dié rede is korrupsie ’n onreg wat teen die mense gepleeg word.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: