September 28, 2020

Eskom hou vol oor Sol se 84% elektrisiteitsheffing

Foto: Die Sol Plaatje-gebou in Kimberley

Terwyl die Sol Plaatje-munisipaliteit steeds stry teen die sogenaamde 84% heffing op elektrisiteitstariewe, hou Eskom vol dat Kimberley die duurste elektrisiteit in Suid-Afrika het.

Dit het aan die lig gekom na ’n raadsvergadering wat gister in Kimberley gehou is. Die Sol Plaatje-munisipaliteit het bevestig hulle het ’n skriftelike antwoord van Eskom ontvang na dié munisipaliteit André de Ruyter se verklaring rakende die 84% heffing bevraagteken het.

Sol Plaatje sê sy heffing op huishoudelike krag is nader aan 36,2% as aan 84%.

“Aangesien die Sol Plaatje-leierskap en bestuur nie hulle woord kan hou nie, soek ons nie verder verskonings nie. Die DA vra dus vir ’n raadsvergadering tussen alle raadslede en Eskom.”

“Ons daag burgemeester Patrick Mabilo uit om die skriftelike brief vanaf Eskom te publiseer. Alle Kimberley-inwoners verdien om dit te sien. As dit nie gepubliseer word nie, sal dit net die agterdogtigheid van die saak aanspoor.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: