September 28, 2020

Bobby trek aandag met hospitaal-foto

Bobby van Jaarsveld (33), bekende sanger en akteur, het aandag getrek toe hy ’n foto van homself met ’n klomp drade in die hospitaal op sosiale media geplaas het. Dit lyk of hy gekoppel is aan verskeie hospitaalmasjiene.

Die foto is vergesel van die inskrywing: “It will all be ok in the end, if it’s not ok it’s not the end…. paar aande in die hospitaal.”

Bekommerde aanhangers het menige boodskappe op sy sosiale media gelaat. Ander aanhangers was ontsteld omdat Bobby geen detail gee oor wat fout is met hom of hoekom hy in die hospitaal is nie.

Marie Bothma sê: “Bobby moenie so ’n foto op fb sit as jy nie bereid is om te sê wat makeer jou nie.”

Susan Boonzaier sê: “Hy het 6 ure terug rooiwyn gesit en drink…..wat kan nou fout wees?”

Noami van der Merwe sê: “Ag nee man, skrik ek nou, jy lyk darem ok met daai smile.”

David Haddad sê: “Omw! Wat het gebeur?  Get better soon.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: