September 28, 2020

Wat presies is Chinese voetbinding?

Voetbinding is ’n praktyk wat die eerste keer op jong meisies in Tang in China uitgevoer is om hul normale groei te beperk en hul voete so klein as moontlik te maak.

Die gevolge van die proses word as ’n aantreklike eienskap beskou, omdat vroue met gebonde voete nie enige werk kan verrig nie.

Dit is algemeen gebruik as ’n metode om meisies van die hoër klas van die ander te onderskei.

Die proses

Chinese meisies se voete is gewoonlik van die ouderdom van vyf tot agt jaar vasgebind. Daar is op ’n spesifieke dag besluit waarop offers aan verskillende Chinese gode gebring is. Die oudste vrou in die familie of ’n professionele voetbinder het dan die meisies se voete vasgebind. Die groottoon het na vore gewys terwyl die vier kleiner tone ondertoe vasgebind is.

Die voete is na een maand losgemaak en weer vasgemaak. Dit was ook nie vreemd om ’n toon weens infeksie of gangrenose (gangrene) te verloor nie.

“Die doel van hierdie lang en pynlike proses was om voete nie groter nie as 7,5 tot 10 cm te hê, meer bekend as die goue lotus.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: