September 28, 2020

Ontvoering-onderwyser en medebeskuldigde pleit skuldig

Die onderwyser wat glo verlede jaar die baasbrein in die sesjarige meisie se ontvoering was, gaan skuld beken.

Tharina Human het vandag in die hooggeregshof in Palm Ridge in Johannesburg aangedui sy wil ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan. Haar pa, Riaan Botha, het gesê die familie is verlig oor haar besluit om skuldig te pleit.

Human, Laetitia Nel, Pieter van Zyl en Bafokeng Molemohi word van poging tot ontvoering en poging tot afpersing aangekla.

Die meisie was ses jaar oud toe sy op 2 September verlede jaar by haar skool in Vanderbijlpark ontvoer is na haar ma haar afgelaai het. Sy is vir 18 uur aangehou voor sy fisies ongedeerd teruggekry is.

Regter Keitumetse Mogale het die saak tot Donderdag uitgestel.

Nel is op borgtog van R25 000 vrygelaat, maar Human, Van Zyl en Molehomi bly in aanhouding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: