September 28, 2020

Vrou glo in polisievoertuig verkrag

Foto: TimesLive

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek tans ’n saak waarin ’n polisiebeampte daarvan beskuldig word dat hy ’n vrou in ’n polisievoertuig verkrag het terwyl hy aan diens was.

Ndileka Cola, woordvoerder vir dié direktoraat, sê die beweerde verkragting het Saterdag in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Polisiebeamptes het volgens Cola die betrokke dag op v klagte, waarby ’n vrou betrokke was, gereageer. Die beamptes het die vrou toe glo in die polisievoertuig gelaai en met haar rondgery terwyl hulle na bewering omkoopgeld ingesamel het.

Die omkoopgeld is later vermis en toe in die besit van die vrou gevind.

Die beampte wat die voertuig bestuur het, het toe sy kollegas afgelaai waarna die vrou na bewering verkrag is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: