September 28, 2020

Kleuter kritiek na aanval deur pitt bull

Foto: Canva

KWAZULU-NATAL – ’n Kleuter (3) is in ’n kritieke toestand nadat ’n pit bull hom aangeval het.

“Volgens mense op die toneel, het ‘n driejarige kleuter ernstige beserings opgedoen nadat hy deur ‘n pit bull aangeval is. Die seun is op die toneel gestabiliseer voordat hy deur Netcare 911 vir verdere behandeling hospitaal toe vervoer is,“ het paramedici aan TimesLive gesê.

Intussen het ’n bekommerde buurvrou ’n fondsinsameling op GOFUNDME.COM vir die seun se mediese onkostes geskep. Op die fondsinsamelingswebtuiste het die buurvrou geskryf sy het ’n geskree gehoor waarna sy na die woning gehardloop en die ambulans gebel het.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: