Massiewe stuk ys, groter as Parys, breek af

Foto: Canva

’n Groot stuk ys, 113 vierkante kilometer, het die week in Noordoos-Groenland afgebreek. Dit is een van die grootste stukke wat al afgebreek het.

Die stuk is groter as die Franse stad Parys. Volgens wetenskaplikes is dit as gevolg van die stygende gemiddelde temperature elke jaar.

Dit is nie ongewoon vir stukke ys om af te breek nie, maar dié grootte is ongewoon.

’n Onlangse studie deur die Universiteit van Lincoln in Engeland voorspel die smeltende ys in Groenland sal die seevlak teen 2100 met 10 tot 12 sentimeter laat styg.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *