Deacon-moorde: Twee verdagtes in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het vandag twee verdagtes vir die moorde op Lizette en Hettie Deacon in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê een van die verdagtes (35) is in Mookgophong in hegtenis geneem en die ander een (30) in Polokwane.

Die verdagtes sal volgens Mojapelo op 15 September op aanklag van twee moorde en huisbraak in die hof verskyn. Die 35-jarige verdagte staan ook tereg op aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet.

Mojapelo sê die ondersoek duur voort en daar word verwag dat nog verdagtes in hegtenis geneem sal word.