Polisie vra hulp in 19-jarige se verdwyningsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie ondersoek tans die verdwyning van die 19-jarige Mamma Eva Makua van Leboeng Rusting Village.

Na wat berig word het die slagoffer haar huis op 9 September om 07:30 verlaat om vir haar pa in Thembisa te gaan kuier. Sy het glo ‘n taxi geneem vanaf die Burgersfort-middestad en het nooit by haar bestemming uitgekom nie.

Sy het ten tye van haar verdwyning ‘n maroenkleurige rok aangehad.

Enigiemand met inligting oor haar verdwyning kan hul naaste polisiekantoor kontak of die Crime Stop-nommer bel: 08600 10111.