Man wat by restaurant geskiet is, geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat Donderdagmiddag buite ‘n restaurant in Gordonsbaai doodgeskiet is, is nou as die 40-jarige Stephan Venter geïdentifiseer.

Venter het glo vir ‘n rukkie by Tallas Tavern gesit voor ‘n verdagte met ‘n motorfiets oorkant die pad gestop het, reguit na Venter toe geloop het, twee koeëls afgevuur het, omgedraai het en weer gery het.

Kyk die video hier:

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1106986376383054/

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê die voorval het om 14:45 plaasgevind. Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.