Emmerentia Carol Davis (15) van Modimolle is al vir die afgelope 11 dae vermis.
Davis is laas op 1 September gesien toe sy haar woning net buite Modimolle verlaat het sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy op pad is.
Davis het ligbruin hare. Dis nie bekend watter klere sy die dag van haar verdwyning aangehad het nie.
Enigiemand met inligting oor haar verdwyning kan hul naaste polisiekantoor kontak of die Crime Stop-nommer bel: 08600 10111.



