SA skuif dalk na vlak 1

Pres. Cyril Ramaphosa het op ’n aanlyn vergadering met die Suid-Afrikaanse Redakteursforum gesê daar is talle voorstelle voor die Covid-19-bevelsraad oor die moontlikheid dat die inperking tot vlak 1 verlaag sal word.

Volgens Ramaphosa het geloofsleiers, sportsektore, vermaakmaatskappye, hoteleienaars en toerismerolspelers die regering versoek om oorweging te skenk aan die verhoging van die aantal toelaatbare persone in ’n lokaal. Dit moet nie meer beperk word tot 50 mense nie, maar 50% van die aantal mense wat die lokaal kan huisves.

“Volgende week sal bepaal word wat gaan gebeur,” sê pres. Ramaphosa. Daar word verwag dat die pres. die land volgende week sal toespreek.

“Die president sal ons in die volgende paar dae oor veranderinge inlig, maar ons kan daarop voorberei dat SA na ‘n laer vlak gaan skuif. Wanneer dit aangekondig word, sal ons die nodige reëlings tref, maar daar is nog niks besluit nie,” sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *