Beskerm jou honde teen hondediewe

Deel hierdie storie / Share this story

Oral op Facebook word video’s versprei waar honde uit erwe gesteel word en eienaars moedeloos na hulle viervoetkinders soek. Al hoe meer honde word uit erwe gesteel, maar wat is die rede hiervoor?

Hoekom word honde gesteel?
– Kleiner honde word gesteel om in toetshondegevegte gebruik te word.
– Gesteelde honde word vir so min as R50 op straathoeke vir drank/dwelms verkoop.
– Opregte rasse word gesteel om mee te teel.

Hoe word honde gesteel?
– Hondediewe lok honde na die heining met kos en trek die hond oor die heining. Die SPCA het ook gevalle rapporteer waar die honde kalmeermiddels ingegee is. Leer jou hond om nie kos van vreemdelinge te eet nie.
– ’n Wyfiehond word in paartyd gebruik om mannetjies nader te lok.

Hoe kan jy jou hond beskerm?
– Maak seker jou erf is omhein, elektriese omheining werk die beste.
– Hou jou hond meestal agter in die erf aan.
– Laat jou hond binne die huis slaap, waar moontlik. Honde wat buite slaap, word saans maklik vergiftig.
– Laat jou hond steriliseer, sodoende kan die honde nie vir paring gebruik word nie.
– Laat plant ’n mikroskyfie in jou hond.
– Installeer CCTV-kameras rondom jou huis.

Volg Find-it hier.