Moontlik weer fase 2-beurtkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom waarsku fase 2-beurtkrag gaan dalk weer op kort kennisgewing ingestel word.

Die kragreus sê ‘n vervoerband by Medupi het oornag gebreek, wat beteken dat steenkool nie na die ander vier eenhede, wat andersins krag kon opwek, vervoer kan word nie.

“As enige verdere krisis Donderdag opduik, sal ons fase 2-beurtkrag in werking stel.”