Anti-apartheidsveteraan sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Adv. George Bizos (92), menseregte-advokaat en vegter teen apartheid, is gister oorlede.

Bizos was deel van die Rivonia-verhoor waartydens hy onder andere vir Nelson Mandela asook Walter Sisulu verdedig het. Die familie het in ’n verklaring gesê hy is rustig by sy huis aan natuurlike oorsake oorlede met sy familie wat by hom was.

Hy was ’n lewenslange kampvegter teen die doodstraf en het die span gelei wat suksesvol vir die regering opgetree het om die doodstraf ongrondwetlik te verklaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook hulde aan Bizos gebring.

Bizos word oorleef deur sy drie seuns en sewe kleinkinders.

Volg Find-it hier.