Polisie konfiskeer gesteelde goedere

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het gister inligting opgevolg oor gesteelde goedere wat by ‘n huis in Galeshewe gestoor is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op gesteelde goedere ter waarde van R9 545 afgekom.

Geen verdagtes kon aan die gesteelde goedere verbind word nie en die polisie het die goedere gekonfiskeer.