Die internet gons behoorlik na ‘n video van ‘n leerling wat ‘n ander leerling aan haar hare rondruk, haar slaan en skop en haar onderklere stukkend ruk terwyl leerlinge rondom hulle staan en kyk, aan die lig gekom het.
Kwazi Mshengu, LUR van gesondheid in KwaZulu-Natal, het sy ontevredenheid oor ‘n video waarop ‘n meisie ‘n medeleerling se onderklere voor ‘n groep ander leerlinge skeur, uitgespreek.
Die twee meisies is leerlinge aan die Hoërskool Mathole buite Ulundi.
Die meisie word ook herhaaldelik in haar gesig geskop en gevra: “Hoekom het jy daarheen gegaan? Wat het jy daar gesoek?”
Dis duidelik hoorbaar hoe die leerlinge wat die insident afgeneem het die meisie vra om op te hou om die ander een te slaan.
“Die LUR en almal in die departement was baie ontsteld om te sien hoe ‘n leerling so voor ander verneder word. Ons het die skool opdrag gegee om dissiplinêre stappe teen die oortreder en die leerlinge wat daar was, te neem. In pleks van om die twee van mekaar te skei, het hulle net gekyk en die video op sosiale media geplaas.”



