Buitengewone weersomstandighede word verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Die wêreld kan meer uiterste weertoestande en groter risiko’s van natuurrampe verwag namate klimaatsverandering wêreldwys as gevolg van die invloed van kweekhuisgasse onbeheers voortduur.

Frekwensie en intensiteit van hittegolwe

Volgens wetenskaplikes stem hierdie buitengewone weersomstandighede ooreen met klimaatsveranderinge. Navorsers word nou in staat gestel om te bepaal hoe ’n groot rol klimaatsverandering in ‘n spesifieke geval kan speel. Om die verbintenis te bepaal, gebruik wetenskaplikes simulasies van hoe weerstelsels kan optree as mense nooit koolstofdioksied in die lug begin vrystel het nie en vergelyk dit met wat vandag gebeur.

Die algemeenste voorbeeld van klimaatsverandering is die toenemende frekwensie en intensiteit van hittegolwe wêreldwyd.